Chloë Deyzel

Hoërskool Monument

Ouderdom

18

Tuisdorp

Roodepoort

Skool

Hoërskool Monument

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Shene Vyver Couture

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My Pappa was my inspirasie vir my rok! Ek het hom in 2023 skielik verloor en ek wou hom graag deel maak van my groot oomblik van my matriekafskeid. Hy was my grootste supporter en het n groot deel in my lewe gespeel! Daarom was hy my inspirasie vir my rok want ek wou hom graag eer. Ek wou graag ons 2 verjaarsdae stene se kleure kombineer om n pragtige rok te maak wat in mekaar vloei om n illusie te skep, my pappa verjaar in September wat Blue Sapphire is en ek verjaar in Maart wat Aquamarine is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskied rok beteken baie vir my! Ek kon nie wag om dit te maak nie omdat Ek my pappa kon deel maak van my rok. Na groot droom en verewig soek op prente,kleure en materiale het my droom rok waar geword! Ek het soos n prinses gevoel net soos wat my Pa my altyd genoem het. My matriekafskeid rok is n groot simbool van my pa en watse groot impak hy op my lewe het! Daarom beteken my rok die wêreld vir my.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogstepunt van matriekafskeid was om my rok te dra en Almal te wys deur om by die tapyt af te loop. Om tyd saam my vriendinne te spandeer en wonderlike aand met hulle te deel

Planne vir na matriek

Ek gaan arbeidsterapy gaan swat na matriek

Gunsteling woord in Afrikaans

Braaibroodjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media