Chené Swart
Ouderdom
17
Tuisdorp
Bela Bela
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Warmbad, Bela Bela
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het hierdie rok gekies omdat die rooi kleur dadelik my aandag getrek het. Dit is elegant, vroulik en het ’n unieke ontwerp wat uitstaan sonder om sy eenvoud te verloor. Ek hou baie van die vloeiende materiaal en die besonderhede by die lyf, wat die rok spesiaal laat lyk. Vir my is dit ’n rok wat selfvertroue uitstraal en waarin ek soos ’n prinses voel.
