Chené Oosthuizen

Chené Oosthuizen Chené Oosthuizen Chené Oosthuizen

Ouderdom

18

Tuisdorp

Secunda

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Secunda/Secunda

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd mal oor sterre, daarom was dit vir my 'n besonderse toeval dat ons matriekafskeid se tema “Onder Dieselfde Sterre” was. My grootste inspirasie was dalk nie 'n spesifieke rok of styl nie, maar eerder die gedagte om oop te wees vir iets onverwags. Ek het nie vooraf 'n rok in my kop gehad of presies beplan wat ek wou hê nie. Ek wou eerder iets vind wat my hart sou steel – iets wat ek sou aantrek en dadelik sou voel: Dit is die een! En toe gebeur dit... Ek het nie my rok ontwerp of vooraf uitgedink nie, ek het hom ontdek! Dit het gevoel asof die sterre mooi in lyn gekom het en die perfekte rok op die regte tyd oor my pad gekom het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media