Chené Appelcryn
Hoërskool Oosterlig
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Hoërskool Oosterlig
What was your inspiration for your matric prom dress?
In 2013 was my niggie se matriekafskeid : Die dag toe ek besef dat díe dag reedelik groot is vir meisies. Met my brandende liefde vir die teken-rolprent, Raponsie, het ek dadelik begin dink aan die rok wat ek wil dra vir my groot dag. Dit was eers presies soos Raponsie se rok, n vaal 1800s rokkie met ń dik, lang vlegsel gevul met veld blommetjies. Maar soos ek ouer geword het en die wêreld van mode verander het, het die rokkie saam my gegroei en verander tot dit wat hy is vandag. Die korter rokkie onder die groot rok, is meer vir praktise onthawes. Soos Raponsie se rok, wou ek iets hê wat nie op die vloer gaan sleep as ek dans nie, en daarom kan my rok verander vanaf ń groot, elagante rok na ń oulike partytjie rokkie waarop niemand kan trap nie, maar die blommetjies vloei steeds moeiteloos van die lang rok na die kort rok. Die vrolike kleurvolle blommetjie op rok beeld ook die vreugdevolle kant van my menswees uit, ek streef altyd daarna om die positief in die lewe raak te sien.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Om net een deel van my rok uit te sonder as my heel gunsteling is baie moeilik want die rok bestaan uit honderde fyn vasgwerkde blommetjies en blaartjies wat met hand vanuit n kant materiaal gesny is, die perfek passende bo-deel van die rok se voor en agter kant spieëlbeeld mekaar só dat my klein middel beklemtoon word. As daar een deel is wat ek moet kies sal dit sonder huiwering die verandering van my rok wees. My idee was om ń groot romp te hê wat bo oor die klein rok is sodat niemand kan verwag dat my rok sal kan verander nie. Dit was gedoen want nes my persoonlikheid en menswees, wou ek nie hê my rok moes vertrap word nie.
Date of matric farewell?
2025-09-26