Chelldene Cassidy Ferreira

Chelldene  Cassidy Ferreira Chelldene  Cassidy Ferreira Chelldene  Cassidy Ferreira

Ouderdom

18

Tuisdorp

Potchefstroom

Skool en dorp/stad van skool

Potchefstroom Gimnasium

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok was baie persoonlik, omdat blomme nog altyd een van my gunsteling dinge is, veral pienk blomme. Pienk is ook my gunstelingkleur, so ek het geweet dit moet deel van my rok wees. Ek wou hê die rok moes my persoonlikheid weerspieël en wys wie ek is iemand wat van mooi, romantiese en vroulike dinge hou. Ek wou ook iets anders hê, iets wat jy nie elke dag sien nie en wat regtig uitstaan. Ek was veral mal oor die idee van groot, 3D-blomme wat amper lewendig lyk. Die vloeiende romp en die manier waarop die blomblare beweeg wanneer ek beweeg, was vir my baie belangrik. Ek wou hê alles moes sag en natuurlik vloei, sodat die rok nie net mooi lyk wanneer ek stilstaan nie, maar ook wanneer ek loop en dans. Ek wou hê my rok moes uniek wees, maar steeds iets wees waarin ek myself kon herken.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media