Ché Grové
Adamantia Hoërskool
Tuisdorp
Kimberley
Skool
Adamantia Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My ma het my rok ontwerp en gemaak. Dit was vir my baie spesiaal, want ek kon haar liefde voel met elke passing
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Daar was nie iets spesifiek wat die rok geinspireer het nie. Ek is nie baie lief vir frilletjies nie en wou net 'n elegante styfpassende rok hê.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit simboliseer die einde van 'n boek wat 12 jaar terug begin skryf was.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek moes 'n toespraak lewer aan al die matrieks en dit was hartroerend om te kyk na elkeen en die spesiale band wat ek met hulle gevorm het, sommiges stap die pad al saam met my sedert Graad 1.
Planne vir na matriek
Volgende jaar gaan ek Sportsielkunde studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Formidabele (bloot omdat ek aanvanklik gesukkel het om die woord uit te spreek! Haha
Datum van matriekafskeid
2025-03-26