Chastine Ullerstam

Chastine Ullerstam Chastine Ullerstam Chastine Ullerstam

Ouderdom

20

Tuisdorp

Kempton Park

Skool en dorp/stad van skool

Shangri-La Academy

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek moes in 2024 gematrikuleer het en as iemand tóé sou gevra het, sou my rok verseker swart gewees het! Ek het van gr. 6 af geskukkel met my geestesgesondheid. Dit was lank en moelik. Ek het dit voltooi. Ek het deurgedruk en kon na baie hospitaal besoeke en donker dae die matriekafskeid bywoon. My materiaal weerspieël my metamorfose. 'n Nuwe EK in kleur. My rok is anders nes ek en my pad wat ek ek tot hier moes stap. Dit was my 'l have arrived'-oomblik. Daar is liefdevol deur tannie Deidré (fotofraaf -sy ken my al lank) na my rok verwys as 'the becoming'. Die blou en geel blom brokaat gee ook 'n sagte erkenning aan my Sweedse herkoms. Dis styl is eenvoudig, klassiek en tydloos. 'n Moderne rooi tapyt 'old Hollywood' styl. Sal ek my rok weer dra? Sonder twyfel...JA! Ek sal my rok oor en oor dra om my storie van hoop en die aankondinging van 'n nuwe hoofstuk aan die wêreld uit te basuin!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media