Charne Victor

Charne Victor Charne Victor Charne Victor

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek glo my rok weerspieël alles waarvan ek hou, sagtheid en elegansie deur die verskillende besonderhede en unieke afwerking. Vir my se n matriekafskeidrok baie van n mens se persoonlikheid en eie styl. Toe ek al vanaf einde graad 10 Pinterest baie goed dopgehou het vir idees, het geen rok met my “gepraat” nie en ek het eers so paar maande voor die matriekafskeid agter gekom waar die probleem lê. Geen persoon is dieselfde as iemand anders nie, niemand het dieselfde styl of hou van dieselfde dinge as iemand anders nie, elkeen is uniek geskape, en daarom was daar nog nie n rok wat ek gevoel het my persoonlikheid die beste uitbeeld nie. Ek het daarom besluit om n klomp van my gunstelinge bymekaar te bring en n mengsel daarvan te maak. Ek wou n rok hê waarin ek myself kan wees, daarom is elke detail met n rede gekies, so is die rok stukkie vir stukkie aan mekaar gesit om die eindresultaat van iets besonders te verkry, n werklike dream came true!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media