Charmi Viljoen
Ho¨erskool Upington
Tuisdorp
Upington
Skool
Ho¨erskool Upington
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matrieafskeidrok is ontwerp en gemaak deur Joey Burger van B Vintage Couture- 'n plaaslike ontwerper in ons dorp, ek het die voorreg gehad dat my matriekafskeidrok een van haar laaste matriekafskeidrokke is wat sy ontwerp en gemaak het.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het al vandat ek n klein dogtertjie was al geweet ek wil my matriek afskeid rok 'n skakering van blou hê. Ek het begin om op die internet te soek om net n idee te kry van hoe ek wil hê my rok moet lyk, ek het twee verskilende bo stukke gekry wat my oog gevang het. Ek het die tannie (wat my rok ontwerp het) gevra om altwee saam te gebruik om 'n bo stuk te maak wat vir by en vir my sal pas en sy het dit perfek gedoen. Oor my romp gedeelte het ek lank oor getwyfel - ek kon nie besluit hoe ek dit wou hê nie maar ek het heeltyd my ma se matriekafskeidrok in my gedagtes gehou. Na 'n hele ruk se twyfel het ek besluit om dieselfde ontwerp as my ma se romp te gebruik, want op die manier het 'n gedeelte van haar saam met my deur die aand gestap.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek is en sal altyd onsettend dankbaar wees dat ek die voorreg gehad het om die rok saam met een van die belangrikste mense in my lewe kon doen. Ek het haar ondersteuning al die pad in als gehad. Die rok sal altyd vir my herinner aan hoe lekker ek en my ma saam my rok kon kies en hoe baie ek en sy saamgestem het en saam beplan het. Die rok is nie net vir my 'n rok nie, maar bewys van hoe vinnig die lewe verby gaan en dat ek altyd 'n bietjie van my ma sal saamdra.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hele dag was net een lekkerte van die begin tot die einde - ek het dit so geniet om saam met my ma en sussie te kuier terwyl my hare gedoen is en al die lag en gesels toe ek aantrek en klaarmaak. Die beste deel was al my hartsmense was by my vir die foto's neem - oomblikke wat vir altyd sal hou.
Die aand was so mooi en die kos was heerlik - 'n aand om vir altyd te onthou.
Planne vir na matriek
Ek beplan om 'n gap jaar te vat en om in Nederland te gaan au-pair
Gunsteling woord in Afrikaans
Borrels
Datum van matriekafskeid
2025-10-03