Chardoneigh Elize Bothma
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Chardoneigh se inspirasie was om ’n rok te vind waarin sy nie net mooi sou lyk nie, maar waarin sy heeltemal haarself kon wees. Sy wou iets hê wat elegant en uniek is, maar steeds haar persoonlikheid en styl weerspieël.
Van die begin af was sy aangetrokke tot groen, omdat dit vir haar vars, natuurlik en besonders voel. Sy het talle rokke aangepas, maar elke keer het iets gevoel asof dit nog ontbreek. Toe sy die groen rok sien, het sy onmiddellik geweet: “DIT IS DIE EEN!”
Die kleur, ontwerp en gevoel van die rok het alles waarvoor sy gehoop het, bymekaargebring. Dit het haar nie net pragtig laat voel nie — dit het haar laat voel soos die mooiste weergawe van haarself.
En vir my as haar trotse moeder was dit ’n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie. Om daardie ogies te sien blink, die opgewondenheid op haar gesig en daardie groot glimlag wat om haar hele gesig gestrek het, was vir my die mooiste bevestiging dat sy haar perfekte rok gevind het.
