Chanté Lemmer

KHS

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

KHS

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Milano van Niekerk

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok was om my kinderdrome op 'n meer moderne manier uit te leef. Ek wou iets hê wat my innerlike én uiterlike mooi weerspieël - sag, vroulik en vol glans. Daarom het ek gekies vir 'n sagte, ligblou rok met baieeee bling, want ek hou eenvoudig van alles wat blink en skitter! Pinterest was my groot hulpbron; ek het ure spandeer om idees bymekaar te maak totdat ek die perfekte ontwerp vir my kon saamstel — 'n rok wat voel soos ek, net met 'n tikkie sprokiesmag.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken ongelooflik baie vir my, want daar lê soveel harde werk en liefde daarin. Dit het slapelose nagte, eindelose beplanning en baie hulp van my ma gevat om alles pertek te kry. Ek het ook die beste ontwerper nodig gehad om my droomrok tot lewe te bring — een wat elke detail presies soos ek dit in my kop gesien het, kon vasvang. Vir my was dit belangrik dat die rok nie net mooi moes wees nie, maar dat dit moes wys wie ek is: uniek, vol glans, en trots op die pad wat ek gestap het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis die mense saam wie ek dit kon deel — my vriende wat die aand vol lag en mooi herinneringe gemaak het, en my kêrel wat alles die moeite werd gemaak het. Sy teenwoordigheid het die aand besonders gemaak; hy het my laat voel soos die mooiste meisie in die vertrek en saam het ons elke oomblik geniet asof dit vir ons gemaak was.

Planne vir na matriek

My planne vir ná matriek is om Pretoria toe te trek en by Isa Carstens te gaan studeer om 'n somatoloog te word. Ek sien baie uit daarna om meer te leer oor skoonheid, welstand en hoe om mense te help om goed in hul eie vel te voel. Dit is vir my die begin van 'n nuwe avontuur vol groei, harde werk en opwinding oor wat die toekoms inhou.

Gunsteling woord in Afrikaans

Snuffelgatjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media