Chante Conradie

Helpmekaar College

Tuisdorp

Krugersdorp,Johannesburg

Skool

Helpmekaar College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het self die idee en styl van my rok gekies, maar dit is deur Natasha Gouws tot lewe gebring. Sy het my visie perfek verstaan en dit in iets besonders verander.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok is iets tydloos en deurskynend,dit wys nie net die styl nie,maar ook my storie.Ek het nog altyd weggekruip,bang om te wys wie ek rerig is.Maar met hierdie rok,met sy ligte deurskynendheid,het ek gevoel ek hoef nie meer weg te steek nie.Ek het selfvertroue gevoel,vreesloos en trots op wie ek is.Hierdie rok het my herinner dat ek nie meer bang hoef te wees nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my vryheid,die vryheid om nie meer weg te kruip nie. Die deurskynendheid daarvan wys hoe ek leer om oop en eerlik te wees oor wie ek is. Dit herinner my dat ware styl begin wanneer jy gemaklik is in jou eie vel, sonder vrees of voorgee.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die gevoel toe ek uitstap en alles stil raak vir ’n oomblik. Ek het besef dis my tyd,ek het selfvertroue gehad, ek het geglimlag, en ek het elke sekonde geniet. Om die aand saam met mense wat vir my belangrik is te deel, het dit nog meer spesiaal gemaak.

Planne vir na matriek

Na matriek wil ek BA Regte en Sielkunde gaan studeer, dalk by Potch of Stellenbosch – ek’s nog besig om te besluit. Ek kan eerlikwaar nie wag om uiteindelik die studentelewe te ervaar nie! Ek sien uit daarna om nuwe mense te ontmoet, onafhanklik te wees en ’n bietjie meer van myself te ontdek.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lig - kort, mooi en vol betekenis; dit pas by my idee van selfvertroue en om gesien te word.

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media