Chanise Vermaak

Hoërskool Secunda

Tuisdorp

Secunda

Skool

Hoërskool Secunda

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is aanlyn gekoop deur desertcart.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok het begin in graad 10 toe ek op Pinterest afkom op n foto van die rok wat my hart gesteel het.Daardie beeld het my droom laat vorm-n rok wat elegansie en eenvoud in perfekte balans bring.En dan natuurlik my laat voel soos n ware prinses.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my meer as net n mooi kledingstuk-dit verteenwoordig die einde van n hoofstuk in my lewe en begin n opwindende nuwe hoofstuk.Dit laat my besef dat as jy regtig jou hart in iets en glo dit sal gebeur , sal dit n werklikheid word.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

DIE FOTOS!Die hoogtepunt van my matriekafskeid was sonder twyfel die fotosessie.Dit was die oomblik waar al my drome-die rok,die glimlag,die gevoel van selfvertroue-lewendig geword het.Elke foto vang nie net hoe ek gelyk het nie , maar ook hoe ek gevoel het -n hart vol dankbaarheid.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om onderwys te studeer en my liefde vir kinders uit te beeld.Ek wil my passie vir dans ook verder vat en kyk waar my talent my bring.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sprokiesagtog

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media