Chanelle de Swardt

Ben Vorster

Tuisdorp

Tzaneen

Skool

Ben Vorster

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Lizan Zondagh

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was opsoek na iets sag,maar tog elegant wat by my persoonlikheid pas. Ek het wit gekies omdat dit my vel en oë laat uit staan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok verteenwoordig wie ek is — my styl, my persoonlikheid en die jong vrou wat ek geword het. Dis iets waarin ek selfvertroue voel, iets wat my laat glimlag omdat dit deel is van een van die grootste mylpale in my skoolloopbaan.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was toe ek daar ingestap het en besef het: ons het dit gemaak. Al die jare se harde werk, lag en trane het op daardie oomblik sin gemaak. Dit was nie net ’n aand van mooi klere nie, maar van trots en afsluiting.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om biokinetika te studeer, want ek is lief vir sport, gesondheid en om met mense te werk. Ek wil leer hoe die liggaam beweeg en herstel, en hoe ek ander kan help om sterker en gesonder te word. My droom is om eendag in ’n praktyk of sportomgewing te werk waar ek mense kan motiveer, ondersteun en help om hul volle potensiaal te bereik — of dit nou ná ’n besering is of om fiksheid te verbeter.

Gunsteling woord in Afrikaans

Vrede

Datum van matriekafskeid

2025-09-27

Like what you see?

Share on Social Media