Cayla Rossouw
Hoërskool Secunda
Ouderdom
18 jaar oud
Skool
Hoërskool Secunda
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die kleur van my rok was ʼn baie maklike keuse, want ligte geel is my gunsteling kleur en lyk altyd vrolik. Ek is mal oor enige iets wat blommetjies op het, daarom kon ek nie anders as om daarvan op my matriekafskeid rok te hê nie! Ek wou nie ʼn styfpassende of ongemaklike rok hê nie, want anders sou ek nie soos myself voel nie (en ek sou natuurlik nie so baie tyd op die dansbaan kon spandeer nie!) Laastens het die strikkies op my moue nog so bietjie detail bygesit en my rok perfek afgerond.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag vrolik, vroulik en (v)fraai lyk met my matriekafskeid! Dit was vir my belangrik om eg te bly aan my persoonlikheid met my rok keuse, en my rok weerspieël my persoonlikheid so mooi!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek moet bieg dat ek nie ʼn spesifieke deel het wat alleenlik vir my uitstaan nie, want my rok was só perfek! ʼn Meisie se matriekafskeid is iets waaroor mens vir jare droom, en hierdie rok het al my verwagtinge oortref.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03