Caydi Booysen
Hoërskool Pionier
Tuisdorp
Empangeni
Skool
Hoërskool Pionier
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Michelle Pace het dit ontwerp. Sy bly in ons dorp en is BAIE talentvol.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
El het n foto op Pinterest gesien en toe het daai rok my naam geroep. Als wat ek is het in die rok verksyn en als waarvan ek hou. Die rok het my persoonlikheid gewys. Dit is uniek nes ek.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit beteken vir my ongelooflik baie. Dit is n identiese kopie van wie ek is en waarvan ek hou. My rok is anders as ander mense se rokke maar ek voel dat dit n goeie ding is want ek is ook anders as ander mense. Die rok was laat maak vir my en my ma en ouma het dit gereël. Daai is twee vroue wie ek na opkyk en hulle het my droom laat waar kom. Die twee mense wat die meeste vir my beteken en daagliks inspireer het dit by n vrou wie die beste in ons dorp is laat maak sodat ek gelukkig kan wees. Wanneer ek my rok sien herinner dit my aan die mense wie my inspireer nes die rok wat my inspireer het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was toe ons fotos geneem het. Dit was vir my die hoogtepunt omdat ek saam die mense wie ek voor lief is kon neem en terug na dit kyk. Ons almal het so gelag en baljaar terwyl ons doe fotos geneem het. Dit was vir my regtig spesiaal!!
Planne vir na matriek
Ek gaan deur UNISA my LLB studeer en ek gaan die kultuur afdeling by Hoërskool Richardsbaai hardloop terwyl ek leer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Kattebak
Datum van matriekafskeid
2025-10-03