Cassidy Bosman
Hoërskool Kempton Park
Tuisdorp
Kempton Park
Skool
Hoërskool Kempton Park
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok gekoop by Bride&co.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Elke jaar wat n mens kyk sien jy net meisies wat verlief raak op ń mooi groen of donker blou kleur rok. Ek het gevoel dat ek ń kleur wou kies wat sou uitstaan bo die res en ń kleur wat nie baie mense aan sou dink nie, maar ek wou nogsteeds stylvol en elegant lyk en voel.
Ek het gevoel die styl van die rok gaan my figuur mooi beklemtoon en die kleur van die rok pas by my persoonlikheid.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek het nie eintlik gaan kyk na rokke met ń doel om n rok te kies wat iets vir my sal beteken nie. Toe ek die rok die eerste keer aangepas het, het ek dadelik geweet dit is die rok vir my en waarmee ek graag wou afstap op die rooi tapyt.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was om al te begin beplan van die begin van die jaar af vir my matriekafskeid en te sien hoe alles bymekaar gekom het op die dag.
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar begin werk sodat ek geld bymekaar kan maak en spaar om self vir my studies te betaal. Ek wil graag in die skoonheid industrie ingaan.
Gunsteling woord in Afrikaans
Fantasties
Datum van matriekafskeid
2025-10-10