Carla Schönfeldt
Hoërskool Stoffberg
Tuisdorp
Brakpan
Skool
Hoërskool Stoffberg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp en gemaak deur Dazelle Venter van Be Dazzled
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek vertolk die rol van Hanneli Viljoen in Diepe Waters en "drama" is my hele lewe deel van my bestaan. My rok is vol drama en ek wou he dit moet uniek wees net soos wat ek is.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit wys my persoonlikheid ek is n meisie wat hou van styl en klas. Familie is vir my net so belangrik en die hele proses van die materiaal kies tot elke detail op my rok was gedoen saam met mense mense wat my baie na aan die hart lê so my rok is baie na aan my hart want ek is n baie sentimentele mens.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My twee boeties van Diepe Waters Marco (Xander Venter) en Danie (Chartyn van Heerden) het my kom vergesel op die rooi tapyt na ek besluit het dat ek alleen Matriekafskeid toe wil gaan het hulle sonder twyfel ingespring en gese hulle kleinsus (Hanneli) sal n "entrance" he wat sy nooit sal vergeet nie.
Planne vir na matriek
Ek is geseënd met n hoofrol in Diepe Waters waarby my kontrak nog vir n hele paar maande in plek is. My droom is om nog vir vele jare in die bedryf te kan flureer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Spontaan
Datum van matriekafskeid
2025-10-16