Carla Olivier
Klerksdorp Hoërskool
Tuisdorp
Klerksdorp
Skool
Klerksdorp Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Anel Botha het die rok ontwerp. Ek het my rok raakgesien by Calvers Bridal & Evening Wear in Klerksdorp, en dadelik my hart verloor daarop. Ek het geweet daar is nie `n meer perfekte rok vir my nie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het `n rok gesoek wat vir haarself praat - `n rok wat dramaties is, met beweging in elke treë. `n Tydlose rok wat almal laat staar. Ek wou iets hê wat elegant, uniek en vol karakter is - `n ontwerp wat sag en vroulik bly, maar steeds krag uitstraal. Die kombinasie van teksture, detail en kleur vertel my eie storie van styl en selfvertroue. Ek het geweet dat daar nie nog so rok sou wees nie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Hierdie rok verteenwoordig vir my meer as net mode - dit is `n weerspieëling van groei, selfvertroue en vroulikheid. Dis die gevoel van trots om te weet jy het jou eie pad gestap, en dat jy mooi genoeg is net soos jy is. Elke detail herinner my aan die reis van meisie na jong vrou.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt was toe ek uit die kar klim en besef: DIT is die oomblik waaroor ek my hele skoolloopbaan al droom. Om daardie gevoel van trots en opwinding te beleef was ongelooflik - en die res van die aand saam al my vriende, was die mooiste afsluiting van ons skooljare.
Planne vir na matriek
Ek wil graag BSc Chemie studeer by NWU en daarna Kosmetiese Wetenskap, of moontlik Dieetkunde. Ek is passievol oor die kombinasie van wetenskap en skoonheid - oor hoe kennis en kreatiwiteit saam iets betekenisvols kan skep.
Gunsteling woord in Afrikaans
Skaterlag
Datum van matriekafskeid
2025-10-01