Caitlin Visser
Hoërskool Oosterland
Tuisdorp
Secunda
Skool
Hoërskool Oosterland
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeidrok was ontwerp deur my, en gemaak deur n na familielid
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was “Cinderella in ’n Winter Wonderland” – ’n sprokie van ysblou drome en tydlose elegansie
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Hierdie rok is vir my ’n herinnering aan wie ek was, en wie ek nou is. Dis die gevoel van trots, van groei, en van ’n sprokie wat ek vir myself geskep het. Soos Cinderella in die Winter Wonderland, voel ek mooi, uniek en vol hoop vir wat voorlê.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My vriende het lig en lag in die aand gebring, en die herinneringe sal altyd soos sagte glinsterliggies in my hart bly leef.
Planne vir na matriek
Ek stap die toekoms in met oop hande en ’n hoopvolle hart, gereed om te ontvang wat die lewe vir my bestem het, wetend dat elke droom sy eie tyd het om te blom.
Gunsteling woord in Afrikaans
Samesyn
Datum van matriekafskeid
2025-10-02