Bronwyn van den Heever
Homeschool (het na Hoërskool Kathu se matriekafskeid toe gegaan)
Tuisdorp
Kathu
Skool
Homeschool (het na Hoërskool Kathu se matriekafskeid toe gegaan)
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het saam met die baie talentvolle Carike Nel Designs gewerk om my droom matriekafskeidrok te ontwerp.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Aanvanklik wou ek ń eenvoudige rok dra, iets wat modern en trendy was wat by vandag se styl inpas. Ek het aanlyn op ń foto afgekom wat my mond laat oop val het, ek het geweet dit was die een. Met Carike se hulp het ons ń Middeleeuse-geïnspireerde rok ontwerp, ń weergawe van die rok wat by my persoonlikheid gepas het— iets wat ek aan die wêreld kon wys sonder om in te pas.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is nie net iets wat ek dra nie, dit is ń weerspieëling van my ware self. Dapper, verbeeldingryk en vol diep waardereing vir kuns in al sy vorme.
Hierdie rok beteken baie vir my, dit het ń stukkie van my hart en siel daarop vasgewerk. Ek sal dit graag eendag aan my dogter wil oordra.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die klein dogtertjie binne my wat op en af gespring het en die oomblik beleef het waarvan sy 12 jaar lank gedroom het. Om almal te sien wat hulself uitdruk en hul ware self wees was magies! Daardie aand het gevoel soos ń viering van alles waarin ons gegroei het, ń afskeid van ons verlede en ń opwindende verwelkoming tot die nuwe hoofstukke wat voorlê.
Planne vir na matriek
Na skool beplan ek om my “Extended A-levels” deur die Cambridge-kurrikulum te doen. Daarna gaan ek medies by ń universiteit studeer. Ek wou nog altyd n verskil maak in mense se lewens, deur om n doktor te word sal ek ń lewenslange droom bereik.
Gunsteling woord in Afrikaans
Glansryk
Datum van matriekafskeid
2025-10-02