Britney Bothma
Hoerskool Labori
Tuisdorp
Paarl
Skool
Hoerskool Labori
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
SWAGG.COM
ASHTON JACOBS
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het nogaltyd gehou van swart, omdat dit n simbool is van gesofistikeerdheid en elegansie. Ek wou vere vanaf die slit reg rond om die onderkant van my rok gehad het, om my persoonlikheid uit te beeld, die rok is baie dramaties, maar die vere is bewys dat ek nie regtig n dramatiese mens is nie. Ons sou nie die moue byvoeg nie, maar ek het daarop besluit omdat dit bydra tot die elegansie en algehele styl van die rok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok het my werklik laat voel soos n prinses. My rok is n visuele uitdrukking van wie ek is, die rok beeld my persoonlikheid en menswees so mooi uit. Hierdie rok is ook baie na aan my hart omdat ek dit vir so n spesiale geleentheid aangehad het, dit is die einde van n nuwe begin. My ouers het egter baie harde werk ingesit om my droom rok te verander in realiteit.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek het my hele dag in geheel geniet, maar my hoogtepunt was die tyd wat ek met my familie spandeer het gedurende die dag, voor ek saal toe gegaan het. Ek het op hierdie dag besef hoe baie liefde, omgee en trots ek eintlik in my lewe het. My gesin het hierdie dag vir my spesiaal gemaak. Ek het heel dag gevoel soos n prinses.
Planne vir na matriek
Ek gaan Bcom marketing studeer by Newbridge graduate institute.
Gunsteling woord in Afrikaans
Liefde
Datum van matriekafskeid
2025-09-30