Brigitte Meyer

Hoërskool Zwartkop

Tuisdorp

Centurion

Skool

Hoërskool Zwartkop

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Joseph Anker van JAD Magic het my rok ontwerp en gemaak. Dit was heerlik om saam met hom te werk om my droomrok te skep.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af geweet dat ek 'n rooi rok wou dra wat iets anders moes wees. Dit moes ook 'n diep rooi wees wat volwassenheid en die krag van vrou-wees weerspieël. Ek wou graag soos 'n godin voel, maar wou ook 'n prentje skep wat die volgende boodskap weerspieël: 'n Vrou is meer as haar teerheid. Sy is broos, maar nie soos 'n blom nie. Soos 'n bom. Sy is sterk en kragtig.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is 'n weerspieëling van hoe ver ek as mens gekom het en hoe baie ek gegroei het die afgelope paar jaar. Ek het baie struikelblokke oorkom, maar het ook ongelooflik baie in my menswees gegroei. My rok is 'n viering van opstaan, aangaan, vrou-wees, sterk-wees, maar ook van geluk. Ek het nog nooit so mooi gevoel nie!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Dit was vir my 'n viering van vriendskap. Ons het vir die laaste keer as graadgroep die aand van ons lewens gehad. Ons is 'n ongelooflike groep matrieks en deur die jare is kosbare vriendskappe gevorm. Ek het dit geniet om te sien hoe elke rok en pak elkeen se persoonlikheid uitbeeld. Dit was ook regtig heerlik om te ervaar hoe elkeen op hulle mooiste lyk en voel.

Planne vir na matriek

Ek gaan BA Fashion Media by Stadio studeer. Ek hou van alles wat gepaard gaan met die modewêreld en wil ook volgende jaar 'n modelkursus doen. Dit sal my studies goed aanvul. Ek wil ander help om op hulle mooiste te lyk en om selfversekerd te voel. Ek glo dat my studies 'n begin sal wees om hierdie wens te verwesenlik.

Gunsteling woord in Afrikaans

Woefkardoes

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media