Anzelle van Straaten

Hoërskool Fichardtpark

Tuisdorp

Jamestown

Skool

Hoërskool Fichardtpark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is deur Scheugnet Designs ontwerp

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok is my ma. Sy het my geleer dat ware skoonheid in eenvoud, styl en selfvertroue lê,en my rok weerspieël dit perfek met sy tydlose ontwerp. Ek wou nie net n rok dra waarin ek goed voel en mooi lyk nie ,maar n rok wat my herinner aan haar liefde en wysheid. Elke klein detail van my rok is n huldeblyk aan die vrou wat my gevorm het in die mens wie ek vandag is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net n mooi uitrusting vir n spesiale aand. My matriekafskeidrok verteenwoordig n mypaal in my lewe,die einde van n groot hoofstuk wat my gevorm het in die mens wie ek vandag is en ook die begin van n nuwe hooftuk. Elke keer as ek na my rok kyk herinner dit my aan al die harde werk ,groei en herinneringe deur my skoolloopbaan. Toe ek my rok aangehad het , het ek selfverekerd,trots en dankbaar gevoel oor die pad wat ek gestap het en al die mense wat my tot hier gehelp het. En omdat my ma die inspirasie agter my rok was ,dra dit n deel van haar liefde en ondersteuning saam met my.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was om almal in hul uitrusting te sien,en hoe dit by hul pas ,van persoonlikheid tot styl en om saam met my vriende en vriendine te lag , te dans en herinneringe te maak , n hoofstuk te sluit en n nuwe hooftuk oop te maak.

Planne vir na matriek

My planne na matriek is om by Aros onderwys te studeer en my drome waar te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Kapokaartappel

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media