Anzelle van Niekerk
Hoërskool Montana
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Montana
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my matriekafskeidrok self ontwerp – nie op papier nie, maar in my kop. Met ’n mengsel van inspirasiefoto’s, drome en ’n bietjie durf het ek verskillende idees saamgevoeg om iets te skep wat regtig my styl weerspieël. Maryke Fourie het my visie perfek laat lewe – elke steek was soos ek dit voorgestel het. Dit was nie net ’n rok nie, maar ’n weerspieëling van wie ek is.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok was ekself – my persoonlikheid en hoe ek my sien. Ek wou iets hê wat stylvol en selfversekerd is, klassiek met ’n moderne flair. Die ontwerp moes eenvoud, elegansie en kreatiwiteit uitstraal. Dit moes nie net mooi lyk nie, maar soos ek voel – gemaklik, selfversekerd en onbeskaamd uniek.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is vir my meer as net ’n kledingstuk – dit simboliseer groei, selfvertroue en kreatiwiteit. Omdat ek dit self "ontwerp" het, verteenwoordig dit my unieke styl en moed om my eie pad te stap. Elke steek dra iets van my persoonlikheid – dit was die eerste keer dat ek gevoel het ek dra iets wat ek is, nie net iets wat ek aangetrek het nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek in my rok instap en besef ek het iets geskep wat my werklik uitbeeld. Om alles saam te sien – van ontwerp tot atmosfeer – was ongelooflik. Die gevoel van trots, selfvertroue en nostalgie, saam met mense wat saam met my grootgeword het, was my ware hoogtepunt.
Planne vir na matriek
Ek het nog nie ’n vaste plan ná matriek nie, maar ek het groot drome. Ek sal graag Binneshuisversiering wil gaan studeer. Verder wil ek my "Teachers" kwalifikasies in dans voltooi en dalk klas gee vir jong dansers. Ek stel ook belang in fotografie en is opgewonde om te sien waar my kreatiwiteit en liefde vir kuns my nog gaan neem.
Gunsteling woord in Afrikaans
Vlerke - simboliseer vryheid en drone
Datum van matriekafskeid
2025-10-04