Anya Matchett

Hoerskool Rustenburg

Ouderdom

18

Skool

Hoerskool Rustenburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Isham Hamilton. Ek het doelbewus die kleur gekies – ’n ryk burnt orange satyn – omdat dit pragtig by my blas veltoon pas. Die ontwerper het fyn klein blommetjies in dieselfde skakering gemaak, elkeen versier met kraletjies en besonderse aandag aan detail. Om die geheel te voltooi, is daar ’n elegante lint om my middellyf geplaas, presies waar die korset en die lap bymekaarkom.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het begin by ’n foto van ’n rok in daardie kleur wat ek in graad 8 gesien het. Van daardie dag af het ek begin speel met verskillende snitte en idees. Ek wou iets anders hê, omdat ek gewoonlik maar ’n “plain Jane” is, en vir my droomdag wou ek iets unieks dra wat my persoonlikheid en menswees regtig uitbeeld. Die klein blommetjies het eers later deel van die ontwerp geword, toe ek my ontwerper se rokkies met kraletjies gesien het. Ek het vir hom my idee gegee, en hy het dit op sy eie manier uitgewerk met die mooiste patrone en blommetjies op my korset. By my laaste passing het ek vir die eerste keer die kraletjies gesien – en ek was verstom! My droomrok het al my verwagtinge oortref.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok is beslis die blommetjies wat met die fyn kraletjies gemaak is, asook die kleur self. Elke blommetjie is vir my uniek en kosbaar, en die glans op my korset laat die hele rok lewendig uitstaan. Die kleur is vir my besonders, want dit is nie iets wat enigiemand sommer kan dra nie. Dit pas perfek by my blas vel en laat die rok nóg meer uitkom.

Datum van matriekafskeid

2025-09-23

Like what you see?

Share on Social Media