Ansumé Viljoen
Nico Malan Hoërskool
Tuisdorp
Jeffreysbaai
Skool
Nico Malan Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok by House of Superior Clothing gekoop
Ontwerp deur ellie Wilde
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie spruit uit die plek wat my hart huis noem, Jeffreysbaai, en die rustige Humansdorp waar ek skoolgaan. Tussen die see en die veld leer ’n mens om die skoonheid en eenvoud te waardeer. Die wind wat altyd speels waai, die golwe wat aanhoudend uitrol en die mense se warmte, dit alles het my rok se verhaal gevorm.
Die sagte, kaalskouer ontwerp simboliseer die vakansiegevoel van Jeffriesbaai, terwyl die vloeiende ontwerp en die beweging daarvan die wind en see weerspieel..Elke fyn steek is ’n huldeblyk aan die skone natuur in ons omgewing. Van die glansende berge en vrugteboorde tot die blou helder hemele wat oor ons wêreld waak. My rok is dus meer as mode; dit is ’n liefdesbrief aan my tuisdorp, sy eenvoud en sy wonderlike en kosbare mense.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok simboliseer die see,’n blou droom van grasie, vryheid en selfvertroue. Die handgewerkte kant en sagte vloei van die materiaal skep die illusie van beweging, terwyl elke glinstering die ligsrale vang soos die sonvanger op my ouma se stoep. Die nougesette, elegante korset en dun spaghetti skouer bandjies bring romantiek en tydlose styl.
Wanneer ek dit dra, voel ek soos ’n jong vrou wat haar eie lewenspad met trots en onverskrokkenheid aandurf, uniek, vroulik, vry, vol drome en hope selfvertroue. Die blou simboliseer vrede, balans en lojaliteit, alles eienskappe wat ek diep koester. My rok is meer as net ’n kledingstuk; dit is ’n herinnering aan fenominale groei,’n nuwe hoofstuk en die viering van wie ek is. Diep in my wese weet ek dat alles wat ek is, alles wat ek geleer en ervaar het gedurende my skool jare, net genade is van ons Hemelse Vader.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt van die matriekafskeid was definitief om almal te sien glimlag en baljaar na n spannende rekord eksamen.
Planne vir na matriek
Ek gaan by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) Siviele Ingenieurswese studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Kolwyntjie
Datum van matriekafskeid
2025-10-01