Anri Winterbach

Hoërskool Charlie Hofmeyer

Tuisdorp

Ceres

Skool

Hoërskool Charlie Hofmeyer

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my matriekafskeidrok gekoop by Scarlett Fashion - Somerset Wes.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou hê my matriekafskeidrok moes my persoonlikheid weerspieël - sag, maar vol lewe. Die helder pienk was vir my 'n simbool van selfvertroue, vrolikheid en vreugde. Ek het gekies vir 'n eenvoudige, tydlose snit wat elegant bly, maar steeds 'n moderne gevoel het. Ek wou iets dra waarin ek gemaklik, mooi en heeltemal myself kon voel - sonder om oorversier te wees. Die idee was om natuurlike skoonheid te kombineer met 'n tikkie sprankel, net soos ek die aand wou onthou."LESS IS MORE"

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my die afsluit van een groot hoofstuk in my lewe (die een wat my gevorm het) en die opwindende toekoms wat voolê. My rok was die gevoel van trots op die mens op wie ek geword het. Ek is reg op dit wat vir my voorlê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt vir my was dat die droom uiteindelik waar geword het. Dat ek in my rok kon stap en besef die aand het uiteindelik aangebreek. Om die aand saam met my vriende te kon deel was vir my baie spesiaal - almal so mooi op hul eie manier.

Planne vir na matriek

Ek beplan om in die onderwysrigting te studeer, want ek wil graag met jong kinders werk. Om te belê in die toekoms van ons kinders.

Gunsteling woord in Afrikaans

bittersoet

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media