Anri Malan

Hoërskool Stellenbosch

Tuisdorp

Stellenbosch

Skool

Hoërskool Stellenbosch

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ronel Nel van Kuilsrivier het vir my pageant rokkies gemaak vandat ek 7 jaar oud was. Dit was my en haar droom dat sy ook my Matriek afskeid rok sal maak. Sy is een van van die begaafste vroue wat ek ken. Ek verduidelik vir haar wat my idee is en sy ontwerp en maak presies wat ek wil hê.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is n baie eenvoudige mens en hou nie van te veel detail nie. Ek het presies geweet watse kleur en hoe die rok moet lyk. Geen vallietjies of detail. Die detail moes inkom by die onder kant van die rok, wat ek baie wyd wou hê. So hoe pleiner dit kon wees hoe beter, en tannie Ronel verstaan dit perfek. ñ Foto op Pintrest het my inspireer en verder het ek my eie kop gevolg waarin ek gemaklik sal voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was presies wat ek wou dra, nie te veel en oordaadig, eenvoudig soos wat ek dit verkies. Die kleur het perfek by my velkleur gepas. My rok het my self vertroue gegee, want ek was gemaklik.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die kuier, dans en casino games saam met my vriende. Die wind was ñ groot plus punt want dit het die mooi van my rok perfek gewys.

Planne vir na matriek

Ek gaan BSC Sport Wetenskap by Stellenbosch studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sonskyn

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media