Anri Bene

Hoër Meisieskool Paarl

Ouderdom

18

Skool

Hoër Meisieskool Paarl

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het nog altyd geweet ek wou ‘n “two-piece” rok gehad het. Die snit, ontwerp en vorm was ek al vroeg seker op, dit was wel net die kleur waarmee ek so bietjie onseker oor was. Ek het nooit gedink dat ek vir so ‘n helder en spontane kleur sou gaan nie, maar ek is al te bly ek het! Ek dink hierdie unieke kleur som my persoonlikheid perfek op. En natuurlik kon ek nie die kans vir ‘n wye prinsesrok my laat verby gaan nie; so hy moes groot wees!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het op ‘n foto van ‘n rok afgekom, wat ‘n bekende aktrise gedra het, terwyl ek opsoek was na goeie inspirasie. Ek sien toe hierdie rok met verskriklike interessante plooie en voue. In my kop sit ek toe klaar die rok aanmekaar en word toe opgewonde om my idees ‘n realitiet te maak en om hom in lewende lywe te sien.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het een belangrike versoek gehad met my rok; en dit was om sakke te gehad het. Beste besluit ooit!

Datum van matriekafskeid

2025-09-26

Like what you see?

Share on Social Media