Anne Stofberg

Hoërskool Paarl Gimnasium

Tuisdorp

Paarl

Skool

Hoërskool Paarl Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok gekoop by Style Me Studios en die rok is ontwerp deur Ilse Roux.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd n klassieke rooi rok dra wat my soos n prinses laat lyk en voel. Ek kon nie my geluk glo toe ek onverwags my droom rok te koop kry nie. Die rok het my soos n handskoen gepas en daar was geen twyfel dat dit my matriekafskeid rok sou wees nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is die mooiste rok wat ek al ooit gesien het. Dit is n droom-rok vir my, veral omdat dit my gelaat, persoonlikheid en figuur komplimenteer. Alles van die rok se ontwerp en sy materiaal laat my soos n ware prinses voel.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was eerstens ek en my metgesel se instap op n loopplank wat oor ons skool se groot swembad gaan, onder luide aplous van die toeskouers. Daarna ook om al my vriendinne te sien in hul asemrowende rokke waaraan so lank beplan is.

Planne vir na matriek

Ek gaan Bcom Regte by die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Skitterend

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media