Annaline Kruger

Hoërskool Centurion

Tuisdorp

Centurion

Skool

Hoërskool Centurion

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek en my ma het my rok ontwerp. Ek het al van die begin van die jaar ʼn visie gehad van hoe my rok moes lyk. Met tyd het die visie ontwikkel en verander tot die finale produk en ek was meer as gekukkig.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het eendag op Pinterest vir inspirasie gesoek van verskillende style rokke. Ek het op ʼn foto afgekom wat ek van gehou het. Ons het besluit om ʼn paar rokke te gaan aanpas om te sien hoe dit op my sal lyk. My oorspronklike idee was om ʼn blou rok te hê maar nadat ek ʼn rooi rok aangepas het, het ek verlief geraak op hoe die kleur op my lyk. Die eerste ding wat ek vir my gesê het, is dat ek ʼn oop rug soek met die kombinasie van ʼn korset. Vir die romp gedeelte het ons ʼn vol sirkel gebruik waarvan die agterkant langer is wat vir my daai prinses gevoel gegee het. My gunsteling deel van die rok is dus die bolyf. My ma het met die hand die rooi kant aangewerk op ʼn vlees kleur materiaal.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is baie spesiaal en ek sal hom na aan my hart hou aangesien my ma hom gemaak het. Ek het ook geweet toe hy klaar was dat geen ander rok soos myne sal lyk nie wat dit meer spesiaal gemaak het. Die rok is nou my gunsteling kleding stuk in my klerekas.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ek sal sê ek het twee hoogetepunte. Nommer 1 is my foto's. My oom het my foto's geneem so dit maak dit ook baie spesiaal. Ek was dus ook stomgeslaan met die eind resultaat van die foto's. Nommer 2 is die feit dat ek die aand saam my beste vriendin en ander goeie vriendinne en vriende spandeer het. Die aand was vol lag en dans en ek sal enigiets gee om die aand weer te beleef.

Planne vir na matriek

Na matriek gaan ek by Akademia studeer. Ek gaan BA tale studeer en daarna my onderwys kursus voltooi want ek wil graag ʼn engelse onderwyseres word. Ek het ook gedink om ʼn deeltydse werk te kry sodat ek geld kan verdien.

Gunsteling woord in Afrikaans

Gogga

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media