Anli Lambrechts

Hoërskool Lutzville

Tuisdorp

Lutzville

Skool

Hoërskool Lutzville

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by Bride&Co in Canal Walk gekoop.Ons bly in Lutzville en ons kom min in die Kaap,ons bly 326km weg van die Kaap af.Ek was bekommerd ek kry nie ń rok nie want ons het so vêr gery om daar te wees.Ek sal ewig dankbaar wees vir my ouers wat dit vir my moontlik gemaak het en dat hulle bereid was om vir my so vêr te ry.Ek sal ook ewig dankbaar wees vir Zantay wat vir my die dag gehelp het om my rok te vind,en wat gehelp het met die veranderinge wat gemaak was.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was om ń rok te kry wat my persoonlikheid uitbeeld.My rok moes ń refleksie wees van wie ek is as ń persoon.My rok moes daai klein meisie binne my soos die mooiste prinsess laat voel het.Ek het lank geweet dat my rok rooi moes wees,sodat dit my groen oë kan komplementeer.My rok moes alles wat my uniek maak uitlig.My rok moes ń rok wees wat noggie nie gesien was nie,die styl moes self uniek wees.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is ń simbool van hoê ver ek gekom het van die klein meisie wat in Graad 1 met skool begin het na die jong dame wat in haar laaste jaar van skool is.My rok is die simbool van die einde van hierdie 12 jaar lange hoofstuk,maar is ook die simbool van die nuwe hoofstuk waarin ek myself gaan wees.My rok het vir my soos ń ware prinsess laat voel.My rok se ontwerp is eenvoudig,maar die voue op die top en romp bring van my unieke karakter uit.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt vir my was toe ek besig was om reg te maak vir die foto's en toe ons die foto's geneem het.Die tyd toe ek besig was om my hare en grimering te laat doen was baie kosbaar vir my want dit is ń baie spesiale oomblik wat ek met my ma kon deel.Ek is ewig dankbaar vir my ma dat sy dit vir my so kosbaar gemaak het.Die foto's neem was vir my net so spesiaal,want ons was amal saam as ń familie om die kosbare dag van ń meisie se lewe te vier.Die foto's ek met my sister,ma en pa geneem het sal ek vir altyd koester.Ek is dankbaar vir my familie en my metgesel dat hulle die dag vir met so baie kosbare herinneringe kon vul.

Planne vir na matriek

My plan vir na matriek is om as ń lugwaardin vir Airlink te gaan werk.Ek was altyd lief daarvoor om van nuwe tale,kulture en lande te leër.Ek wou nog altyd ander lande gaan besoek en ander mense onmoet.Ek wil graag leër om eendag ń ander taal te kan praat.Ek is ook lief daarvoor om ander mense te probeer help en help waar ek kan.Dit is hoekom ek as ń lugwaardin wil gaan werk want ek voel dit sal die beste gepaard gaan met my belangstellings en persoonlikheid.

Gunsteling woord in Afrikaans

Herinneringe

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media