Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Skrander
What was your inspiration for your matric prom dress?
Ek wou graag hê my rok moes ‘n koninklike beeld skep - ‘n beeld van ‘n sterk vrou soos Ester in die Bybel. My rok moes dramaties en elegant wees, mooi op foto’s lyk en ’n storie vertel.
Van kleins af was ek baie lief vir mode. Ek hou daarvan om uniek te lyk en probeer altyd eg wees aan dit waarvan ek hou.
Ek het nog altyd geweet my matriekafskeidrok gaan groot en wyd wees, tog moes dit ook prakties wees. Daarom het ek dit as ’n twee-in-een-ontwerp laat maak. Die boonste romp kon heeltemal afkom, en daaronder was ’n elegante, lyfpassende rok waarin ek gemaklik kon dans en die aand geniet.
Dit was die perfekte kombinasie van my klassieke styl en my visie.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My matriekafskeidrok vertel ‘n storie van hoe die afgelope 5 jaar my geslyp het in die jong vrou wie ek vandag is. Die kleur van my rok is baie uniek, en is nie ‘n kleur wat oor die algemeen gedra word nie.
Pers ‘n eerbare kleur wat sagte krag, elegante skoonheid, en waardigheid uitstraal. My matriekafskeidrok is ‘n getuienis van wie ek is en die waardigheids-boodskap wat ek graag oordra aan jong meisies.