Anja Arangies
Ouderdom
18
Tuisdorp
Paarl
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Paarl Gimnasium
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het eintlik by Salomie self begin. Ek was nog altyd mal oor haar unieke ontwerpe en die besonderse manier waarop sy elke rok iets spesiaal maak. Ek het van die begin af geweet ek kan my volle vertroue in haar plaas en haar kreatiwiteit laat oorneem. Ek wou graag iets hê wat anders is as my gewone styl, maar steeds iets is waarin ek myself kan sien. Sy het my verwagtinge oortref en die rok het mooier uitgekom as wat ek ooit kon droom – uniek, elegant en met net die regte bietjie sprankel.
