Ania Olivier
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van kleins af het ek gedroom van ’n rok waarin ek soos ’n prinses uit ’n sprokie sou voel. Ek het nogal gesukkel om ’n unieke rokstyl te vind wat by my droombeeld pas. Ná ure se rondsoek op Pinterest het ek op ’n ontwerp van Monique Lhuillier afgekom wat dadelik my aandag getrek het. Dit het aan een van my belangrikste vereistes voldoen: glitter! Ek wou hê my rok moes die lig vang en met elke beweging skitter, met daardie sprokiesagtige gevoel waarvan ek nog altyd gedroom het. Die ontwerp was die perfekte inspirasie om my droom van ’n regte prinsesrok ’n werklikheid te maak. Iets besonders wat my persoonlikheid weerspieël en my kinderdrome oortref.
