Andrea Groenewald
Hoërskool Garsfontein
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Garsfontein
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeidrok is iets wat ek vir altyd in my hart sal dra, want dit is deur my ma se hande geskep. Saam het ons verskillende idees bymekaar gesit om iets te skep wat regtig by my persoonlikheid pas - 'n rok wat my storie vertel.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het gekom uit 'n begeerte om iets te dra wat nie net elegant lyk nie, maar ook my persoonlikheid en groei weerspieël. Ek wou hê die rok moes 'n simboliese betekenis hê - wat vertel van waar ek vandaan kom en waarheen ek oppad is.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die wit en swart kontras is simbolies van hoe ek op die drumpel van 'n nuwe begin staan: die einde van skool en die begin van my eie avontuur. Elke detail, van die kraaltjies tot die blomme, vertel 'n stukkie van my reis. Dit dra 'n stukkie van my ma se liefde en geduld, dit maak die rok nie net mooi nie maar kosbaar. Vir my is die rok dus meer as net 'n kledingstuk, dit is 'n viering van vroulikheid, herinneringe en nuwe avonture wat wag.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die eerste hoogtepunt was die oomblik toe ek my rok vir die heel eerste keer aantrek — met my grimering perfek gedoen, my hare elegant gestileer en juwele wat die regte aksente uitlig. Alles het saamgekom om die volle prentjie in al sy glorie te laat skitter.
Die tweede hoogtepunt was 'n dag uit met die fotograaf, Deon van der Merwe van Sommernet Media, wat my soos 'n model laat voel en lyk het met sy ongelooflike mooi fotos. Hy is 'n dierbare mens met soveel talent en passie wat gesorg het vir 'n onvergeetlike dag.
Planne vir na matriek
My pad vorentoe lei na die Universiteit van Pretoria, waar ek Sportsbestuur wil studeer — ’n stap nader aan my droom om sport nie net te beleef nie, maar te verstaan en te vorm. Terselfdertyd wil ek my hokkieloopbaan verder vat, elke oefensessie, elke wedstryd, as ’n tree nader aan die droom wat my dryf: om my passie vir sport in dade en inspirasie vir jong toekomstige hokkie spelers, te verander.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sielsvlam - my diepste passie
Datum van matriekafskeid
2025-10-04