Anciya-Lee van der Merwe.

Hoërskool Upington.

Tuisdorp

Upington.

Skool

Hoërskool Upington.

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Kobus Rautenbach.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd 'n unieke rok gehad het vir my matriekafskeid. My rok is geïnspireer deur die skoonheid van natuur en die gevoel van koninklike elegansie. Ek wou iets hê wat uitstaan, maar steeds sag en vroulik lyk. Ek wou ook graag iets dra wat my persoonlikheid weerspieël en my rok het dit perfek reg gekry.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok was 'n aankondiging aan die wêreld van wie ek is en hoe ek hoop mense my sien. Self-versekerd, trots en definitief mooi. Dit het 'n plek na aan my hart, want nie net is my rok 'n deel van wie ek is nie, maar my ma, tannie en res van my familie het soveel moeite daarin gesit om te verseker dat ek die perfekte rok kan kry, dat dit vir ewig ook 'n herinnering sal wees aan my familie se liefde vir my.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my dag was definitief toe ek klaar maak vir die afskeid. Ek het nie nodig gehad om te stres oor enigeiets nie, want ek het geweet my familie is daar vir my en kon rustig deur my dag beweeg en tyd spandeer saam my ma en my sussie. Dit was 'n perfekte dag, vol bederfies en goeie herinneringe.

Planne vir na matriek

Ek is iemand wat daarvan hou om te leer en nuwe goed uit te vind. Ongelukkig beteken dit ook dat ek nooit op een ding kan fokus nie. Volgende jaar gaan ek werk terwyl ek probeer uitvind waar my passies lê en 'n naam maak vir myself.

Gunsteling woord in Afrikaans

Hoop.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media