Ananda Pieterse
Höerskool Frikkie Meyer
Tuisdorp
Thabazimbi
Skool
Höerskool Frikkie Meyer
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is noukeurig en met baie liefde en oorgawe aan mekaar gesit, deur niemand anders as my eie ma.
Sy is my grootste mentor en inspirasie. My ma is self n ontwerper en haar hande staan vir niks verkeerd nie
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok......sjoe waar begin ek.
My rok is n Ombre kleurige rok wat van onder af konings blou is en word dan n mooi pers en skakel oor na n sagte pienk.
Die konings blou is die rowwe pad wat ek gestap het in my Höerskool loopbaan, van waar ek onverwags swanger geraak het in graad 9 maar nogsteeds was n Konings kind, die pers spreek vir die kort termyn wat ek vernedering en afknouery moes verduur, maar vinnig vinnig was dit nie meer n bespreeking nie en het my lewe ligter begin raak en dit is waar die ligte pienk in kom, die pastel kleurige blomme op my rok spreek lewe en boonop my grootste "moto" in die lewe, blom waar jy geplant is.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dis spesiaal vir my ontwerp.
Sonder mates van my wat my ma gehad het om my rok te maak, het sy my rok van begin tot einde gemaak, en die oomblik toe ek my rok aantrek het hy gepas soos n handskoen.
Dis een van die mooiste rokke wat my ma al ooit vir my gemaak het en dit alleen is super spesiaal.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My grootste hoogtepunt van die Matriekafskeid was sekerlik die oomblik toe ek uit die vervoer uitklim en my pragtige dogtertjie se handjie kon vat en saam haar oor die rooitapyt stap, die manier waarop ek "gecheer" is en om te sien hoe my dogtertjie se gesiggie straal was vir my die beste gevoel ooit.
Planne vir na matriek
Dis moeilik om planne te maak veral as jy n kind het. Die belangrikste is om seker te maak dat my kind versorg en gelukkig is.
Gunsteling woord in Afrikaans
Moses
Datum van matriekafskeid
2025-10-03