Amiré Rossouw

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Ouderdom

18

Skool

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My roosgoud rok is regtig iets besonders. Die materiaal pas perfek aan my lyf , met 'n korset-agterkant wat dit ekstra elegant maak. Die moue en boonste deel van die rok is met deursigtige materiaal gemaak wat amper op die vel smelt , versier met pêrels en glinsterende kristalle wat soos druppels oor die skouers val. Die onderkant van my rok het ń lang uitlopende sleep wat ń dramatiese en elegante gevoel skep.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Reeds in Desember 2024 het ek vir Stanley Baptiste ontmoet , binne minute het hy my styl en persoonlikheid vasgevang. Ons het saam gesit en ons idee was om iets te skep wat klassiek en modern voel , ’n rok wat lig vang met elke beweging en wat selfvertroue, grasie en glamour uitstraal. Ek wou ’n rok hê wat my laat voel soos die beste weergawe van myself – elegant , sag , maar steeds sterk. Die sagte roosgoud-kleur en sprankelende versierings simboliseer lig, vreugde en die skoonheid van vroulikheid.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok is die fyn handgeborduurde kristalle en pêrels op die bostuk en op die belt. Die kristalle en pêrels het my rok uniek en anders gemaak.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media