Amelia Brits

Hoërskool Montana

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Montana

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Wilma du Plessis het my rok ontwerp en gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het nie eintelik ʼn idee gehad van hoe my rok moes lyk nie. Ek het by tannie Wilma opgedaag en ons het saam besluit op ʼn paar rokke wat ek kon aanpas net om te sien hoe hulle sit en of ek miskien inspirasie van een van hulle kon kry. Die pers rok was die laaste een wat ek aangepas het en dit het my asem weg geslaan. Dit het perfek op my lyf gepas, dit was nie eers nodig om enige verstellings te maak nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my die einde van my skool loopbaan. Matriek afskeid was die laaste gelentheid wat ons as ʼn hele graad saam gehad het. Die laaste geleentheid, waar almal waarmee ek vriende deur die jare gemaak het, vir n laaste keer saam kon gekuier het. Maar dit beteken ook die begin. Die begin van groot word. Die begin van op jou eie voete staan en besef jy kan dit alleen doen.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriek afskeid was verseker die "candy bar" wat die skool vir ons verskaf het. Ek het my sakkie so vol lekkernye gepak dat dit nie eers kon toe gaan nie.

Planne vir na matriek

Ek is nog nie seker wat ek wil word nie, so ek gaan volgende jaar die wêreld verken deur te gaan au-pair.

Gunsteling woord in Afrikaans

Tjokolade

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media