Alyssa Bremner
Hoerskool Scottburgh
Tuisdorp
Pennington
Skool
Hoerskool Scottburgh
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het al lankal gedroom oor hierdie spesiale geleentheid! 'n Oomblik in tyd waar ek myself kan uitleef, 'n mylpaal wat my storie vertel van hoe die lewe my gevorm het, en waar ek myself vandag bevind deur Jesus se Genade. Ek het self my rok ontwerp en 'n wonderlike naaldwerkster/ontwerper in ons dorpie kon my droom 'n werklikheid maak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok moes weerspieel wie ek is. Dit moes my persoonlikheid, waardigheid en styl uitbeeld. Ons is in 'n tyd waar almal dieselfde wil lyk en wees. Almal volg iemand en vind nooit hulself nie. Ek het myself gevind in Jesus en is gemaklik met wie ek is. Ek hoef nie by ander in te pas nie. Ek het my uniekheid gebruik as inspirasie. Die kleur stel selfversekerdheid voor, maar nie arrogansie nie. Die lengte is klasiek en stylvol, tog wys die spleet dat ek gemaklik in my eie vel is. Die halslyn het reguit lyne, want ek weet presies wat ek wil he. My rug was oop, ek lief dit. Die onderste gedeelte toonbeeld my vermoe om aan te pas in enige omgewing, eenvoudig of kompleks. Die regterkant van die rok stel voor dat ek altyd 'n voorbeeld van: Lewe VOLUIT, wil wees.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid is vir my soos 'n trofee, 'n simbool van 'n mylpaal behaal en 'n ansporing tot groter dinge.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek het elke oomblik geniet van my voorbereiding. Die sorgvuldige uitkies van elke stukkie van die legkaart. Die skoene, die juwele, my hare en grimering, alles moes pas by my unike rok om my storie te vertel. Die voorbereiding op daardie spesiale dag was iets wat ek nooit sal vergeet nie, ek kon elke oomblik saam met my ma ervaar. En natuurlik die rooi tapyt!
Planne vir na matriek
Ek het besluit om 2026 aan ABBA Vader my skepper toe te wei. Ek gaan 'n skakel jaar by ons kerk doen. wat vir my die geleentheid gaan bied om ook werk in ons gemeenskap te doen. Ek gaan verskillende industriee ondersoek, sodat ek met oortuiging sal weet waarvoor ek 2027 gaan inskryf.
Gunsteling woord in Afrikaans
Lekker
Datum van matriekafskeid
2025-05-21