Alexis Rowe

Pearson High School

Tuisdorp

Port Elizabeth

Skool

Pearson High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok het ek self ontwerp en Johan Wolmarans het my visie dadelik verstaan en die rok vir my gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd die korsetstyl van rokke bewonder wat vroue in die Franse hof gedurende die 16de en 17de eeu gedra het, en dit het my geïnspireer om die bokant van my rok so te ontwerp dat dit die vorm van my liggaam beklemtoon en my vroulikheid met trots vier. Die kleur van my rok is sjampanjeroos-pienk, as ’n simbool van feesviering en ’n herinnering dat my matriekafskeid ’n viering van twaalf jaar se harde werk is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is iets waarop ek trots is, want ek het nie net dit self ontwerp nie, maar ek het ook self vir die maak van die rok betaal. My ouers het my van n jong ouderdom af onafhankelik gemaak deur my te leer van die waarde van geld. Al was my ouers beruid om vir die rok te betaal, was ek vasbeslote dat ek self daarvoor wou betaal.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die opwindende gevoel van n dag saam met verskeie vrouens wat vir my inspireerend is. Dit sluit in my haarkapper, Jordan en Iris wat my grimmering gedoen het, en Sasha wat my naels gedoen het. En dan ook my ma, wat elke afspraak saam met my geniet het.

Planne vir na matriek

My planne is anders as al die ander matriekulante wat ek ken. Van die ouderdom van 10 af, het ek geweet dat ek ‘n lugwaardin wil word en vir Emirates werk. Ek moet wel 21 wees voor ek kan aansoek doen, so tot dan toe, gaan ek vir my ma werk in haar Finansiele Tegnologie besigheid, waar ek reeds al vir ‘n jaar haar administratiewe take doen.

Gunsteling woord in Afrikaans

Liefiekind

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media