Alethea Jacobs
Langenhoven Gimnasium
Tuisdorp
Oudtshoorn
Skool
Langenhoven Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Leonette Boutique
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rolmodel toe ek jonger was, was Sofia The First. Sy het die sagte persoonlikheid gehad en was altyd bereid om ander te help. Dit is ook waar my gunsteling kleur, pers, vandaan kom. Dit was vir my ‘n absolute droom om soos my rolmodel op my matriekafskeid te kon lyk.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok vertel my storie sonder woorde. Dit verteenwoordig wie ek is. Die sagte lilac kleur en glans van die Dutchess satyn weerspieël my sagter, rustige persoonlikheid– die deel van my wat sag praat, maar diep voel. Die oop, lae rug is die showstopper. Dit wys die deel van my wat nie altyd sigbaar is vir almal nie, die kant wat selfvertroue uitstraal. Hierdie rok het vir my gevoel soos ‘n perfekte balans tussen sagtheid en krag, tussen wie ek altyd is, en wie ek besig is om te word.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Alhoewel dit vir my baie stresvol was sal ek se die instap op die rooi mat . Dit was n baie groot en mooi oomblik om my familie en vriende so opgewonde te sien terwyl ek en my metgesel in stap.
Planne vir na matriek
Ek wil baie graag "child psychology" gaan studeer na skool. Ek het n baie groot passie vir kinders en sielkunde intereseer my verskriklik baie.
Gunsteling woord in Afrikaans
asemrowend
Datum van matriekafskeid
2025-08-30