Abinica Maritz

Die Hoërskool Wonderboom

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Wonderboom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok het ek gekoop by Kleur Boutique, Lisa Roux.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok, ek het nie regtig 'n prentjie gehad van hoe die rok moet lyk nie, maar toe ek die rok vir die eerste keer sien het ek presies geweet dit is die een.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My Matriekafskeidrok voel asof dit in 'n storieboek hoort. Soos ligblou in lentesonlig skyn, het ek met sereniteit, skoonheid en 'n hart vol sagte selfvertroue my rok gedra.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele dag se hoogtepunte wil ek uitsonder, van koffie in die bed, tot inboek by die salon, fotos saam familie en vriende, inry met die trekker by die "venue" die geselligheid saam almal, dit was 'n aand van lag en dans tot ou nag. 'n Matriekafskeid om vir altyd te onthou.

Planne vir na matriek

Ek wil graag gaan studeer vir 'n Kliniese Tegnoloog.

Gunsteling woord in Afrikaans

Kabouter

Datum van matriekafskeid

2025-10-09

Like what you see?

Share on Social Media