Abigail van der Vyver
Hoërskool Diamantveld
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Diamantveld
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die rok is gemaak van "rose gold sequin" materiaal met 'n figuurvleiende snit wat glad teen die lyf val en sag uitvloei in 'n elegante A-lyn. Die mees opvallende element is die sagte pienk enkelmou.Dit bestaan uit lae materiaal wat soos sagte, blomagtige plooie oor die skouer vou. Dit skep 'n driedimensionele effek en lyk amper soos kronkelende golwe.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Vir my matriekafskeid het ek my eie rok ontwerp, en die mou moes die fokuspunt wees. Die mou is geïnspireer deur verskeie prente en vorige ontwerpe. Alexander McQueen is my gunsteling mode-ikoon en sy gedurfde, dramatiese styl het ’n groot invloed op my ontwerp gehad.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van die rok is die skouspelagtige oor-die-skouer mou . Die sagte, lae-op-lae is ‘n opvallende fokuspunt ,dit bring ‘n pragtige kontras mee en dit skep ‘n gevoel van beweging.
Datum van matriekafskeid
2025-04-10