Abigail Lottering

Abigail Lottering Abigail Lottering Abigail Lottering

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Overkruin

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok kom uit my eie lewensreis, my drome en die hoop wat ek vir my toekoms koester. Ek wou hê my rok moet iets besonders beteken, iets wat ek eendag sal sien en dadelik sal terugdink aan hierdie belangrike tyd in my lewe.

Vir my simboliseer die glinsterende pers rok dat daar selfs in die donkerste nag altyd lig en hoop is. Ek glo dat elke mens n unieke lig in hom- of haarself dra, en ek wil altyd onthou om my eie lig te laat skyn en aan te hou droom, maak nie saak wat die lewe oor my pad bring nie.

Terwyl ek hierdie hoofstuk van my lewe afsluit, voel dit asof ek totsiens sê vir die jonger weergawe van myself en met die opgewondenheid uitsien na die vrou wat ek gaan word. Ek wil hê my rok moet n sprokiesdroom lewendig maak en n stukkie magie vasvang wat ek vir altyd in my hart sal dra.

Ek wil eendag daarna kyk en onthou hoe mooi dit was om jonk te wees, groot te droom en te glo dat die mooiste hoofstukke van my lewe nog voorlê.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media