Lyla Coetzee

Lyla Coetzee Lyla Coetzee Lyla Coetzee

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Menlopark Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My grootste inspirasie vir my rok was my ouma. Toe ek 'n klein dogtertjie was het ek altyd na skool in my ouma se sitkamer gesit en prentjies van prinsesse en hulle rokke geteken. Sy het altyd deelgevorm en het my fantasie wêreld lewe gegee deur altyd belangstelling te wys en my prentjies op te hang teen haar yskas. Sonder dat ek agtergekom het, het hierdie middae in haar sitkamer 'n kosbare herinnering van my kinderjare geword, want dit was nie net die tekeninge wat ons met mekaar gedeel het nie, maar die tyd en liefde wat geen einde ken nie. Ongelukkig kon my ouma nie hier wees vir my matriekafskeid nie en dus was dit belangrik vir my om haar deel te vorm daarvan en dus is die rok vir my veel meer as net 'n rok. Dit is 'n deel van die gelukkigste jare van my lewe en herinneringe wat ek verewig sal koester wat ek daai dag saam met my kon dra.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media