Annagreth Botha
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Soos enige ander meisie, is my matriekafskeidrok ook geïnspireer deur ’n prinses of heldin wat ek van kleins af bewonder het. Myne was Aspoestertjie.
Alhoewel sy nooit my gunsteling prinses was nie, het ek as klein dogtertjie altyd meer aangetrokke gevoel tot vroue met sterker persoonlikhede, soos Jasmine, Mulan en Ariel. Ek het hul onafhanklikheid, dapperheid en sterk geaardhede bewonder. Tog het Aspoestertjie se sagtheid, grasie en unieke vorm van vroulikheid ook ’n besondere indruk op my gemaak. Mettertyd het hierdie verskillende invloede, herinneringe en bewondering deel geword van die inspirasie agter my rok.
Ek wou graag ’n sterker, dieper blou hê. Ek en Tannie Dazzel het idees uitgeruil en uiteindelik by midnight blue uitgekom.
Midnight blue is ’n unieke kleur op sy eie. Dit is een van die mees fassineerende kleure, omdat dit tussen twee wêrelde lê: die donkerte van swart en die diepte van blou.
Dit beskik oor ’n byna geheimsinnige elegansie, iets wat my aan Aspoestertjie se grasie herinner. Dit voel op dieselfde tyd intellektueel, kragtig en vreedsaam.
Anders as helder koningsblou, wat onmiddellik aandag trek, het midnight blue ’n stiller vorm van gesag en selfvertroue. Dit is hierdie balans tussen sagtheid, krag en onafhanklikheid wat die kleur vir my so besonders maak en die krag van vroulikheid sterk uitbeeld.
