Margeaux Atkinson
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Min en maklik soos wat my rok is, is dit nie die wyse waarop hy besluit is nie my rok hou n metafoor.
Ek is Hoofdogter van n klein plattelandse dorpie se skool waarvan ons skool uniform die groen van my rok is, daarom is dit my laaste beste uniform wat ek vir my skool sal dra en dankie sê.
Daar is min plek vir fotos neem, so ek het saam ons natuur velde perfek gewerk en weer sy bietjie groen kleur laat deur bring.
Die fyn aandag wat my rok trek kan net so asem rowend wees soos Bloemhof.
Die mooi is nie die rok nie maar dit wat om my is letterlik en figuurlik.
Dit is wat ek probeer weerspieël.
Dit is nie net ek wat die fokus punt moet wees nie daarom los ek spasie vir die mooi om my ook.
Ek't n keuse gehad tussen 5 rokke waarvan een R15 000 was wat almal nog in my permanente besitting is, tog kies ek n R1 500 se rok omdat dit my duur laat lyk en voel het so ironies soos wat dit klink. Die rok het alles uitgebring in my wat dit moes en dit om my nog meer.
My ouma het altyd gesê jy hoef nie duur aan te trek om duur te lyk nie en dat klere moet op jou pas nie jy in klere nie, Meer is min en min is meer.
